RSS

Hanno se Kerriehoender-en-rys-gereg

05 Nov

Sommige resepte werk net.  Min moeite.  Min tyd.  Maar met baie smaak.  ‘n Een-skottel-gereg is altyd ‘n wenner op ‘n weeksaand wanneer die tyd min is, en die behoefte na kos, groot.  Hierdie resep is lekker saam met blatjang en ‘n koue slaai…

2 uie, fyn gekerf
5-10ml knoffel
800g hoenderborsies, in stukkies gesny
5ml sout
15ml kerriepoeier
15ml borrie
125ml witwyn
250ml rys (wit of bruin)
250ml mayonnaise
250g gemenge groente (gevries)
625ml kookwater
2 wielietjies feta kaas

Braai die hoenderborsies vinnig op ‘n warm plaat tot effens bruin.  Skep uit en hou eenkant.  Verlaag die hitte en braai die uie en knoffel oor lae tot matige hitte in olie of botter tot sag.  Voeg die hoenderborsies, sout, kerriepoeier, borrie, witwyn en rys by en laat vir ‘n minuut prut.  Voeg die mayonnaise, groente en kookwater by.  Roer goed deur en skep in ‘n oondvaste bak.  Krummel die kaas bo-oor.  Bak vir ongeveer 1 uur teen 180 grade.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 5 November, 2012 in Hoender

 

Etikette: , , , , , , , , , , , ,

Comments are closed.

 
%d bloggers like this: