RSS

Hanno (en Pieter) se Hoendersous

11 Apr

Pieter het eendag by die huis opgedaag met ‘n pak hoenderstukke en my op die plek uitgedaag om ‘n nuwe hoendersous uit te dink.  Ek is gewoonlik geneig om terug te keer na een van die vele hoendersous-resepte wat ek tot op hede bymekaar gemaak het, maar hierdie een was splinternuut en verbasend lekker.

hoenderstukke
175ml mayonnaise
100ml van Hanno se mosterd
5ml kerriepoeier
15ml sampioensoppoeier
1 ui, fyn gekerf

Gooi die gekerfde ui onder in ‘n voorbereide oondbak.  Pak die hoenderstukke bo-op.  Meng al die bestanddele vir die sous saam en gooi oor die hoenderstukke.  Bedek met deksel of foelie.  Bak vir 2uur op 160, haal die deskel af en bak dan verder tot bruin.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 11 April, 2012 in Hoender

 

Etikette: , , , , ,

Comments are closed.

 
%d bloggers like this: