RSS

Hanno se Woensdag-pasta

28 Mar

Soms is dit die eenvoud van ‘n resep wat dit ‘n wenresep maak.  Veral in die week wanneer mens nie tyd of lus het om lank voor die stoof te staan nie, soek mens iets vinnig en smaaklik.  Drie of vier goeie bestanddele wat mekaar komplimenteer is soms net so lekker soos ‘n fyn-uitgewerkte resep met baie krulletjies en draaitjies…

1 ui, gekerf
5 hoenderborsies, in repies gesny
Dun repies geel-, groen- en rooirissie (‘n halwe van elk)
250g sampioene
250ml room of suurroom
500g pasta van jou keuse

Braai die ui en hoenderborsies saam tot gaar en gooi die sampioene en rissies by.  Kook intussen jou pasta in soutwater tot gaar, dreineer.  Gooi die room by die gebraaide hoender en haal van die hitte af.  Meng met die gaar pasta en geur met sout & swartpeper.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 28 Maart, 2012 in Pasta

 

Etikette: , , , , , , , , , ,

Comments are closed.

 
%d bloggers like this: