RSS

Hanno se Dinsdag-pasta

16 Mar

Ek het nog altyd gehou van ‘n diep-rooi-tamatie-maalvleis.  So rooi dat jy nie weet of dit meer na tamatie, of meer na maalvleis proe nie.  Ek maak hierdie resep bykans nooit dieselfde nie – dit hang maar gewoonlik af wat in die yskas is en wie aan die tafel sit.  Ek sukkel om in die nag te slaap as ek weet daar is nog hiervan in die yskas…

2 gekerfde uie
250g sampioene
5ml knoffel
500g maalvleis
5ml sout
500g pasta
1 blik tamatiepuree
1 klein blikkie tamatiepasta
30ml van Hanno se mosterd
30ml blatjang
15ml gedroogte soet basilliekruid
swartpeper

Braai die uie, knoffel en sampioene oor stadige hitte tot sag.  Skep uit en hou eenkant.  Draai die hitte op en braai die maalvleis saam met die sout tot gaar en bruin.  Gooi die uiemengsel terug.  Voeg klein biejtie water, asook die tamatiepuree en -pasta.  Bring tot by kookpunt en prut dan tot by ‘n lekker dik diep-rooi-tamatie-maalvleis.  Kook intussen jou pasta in soutwater tot sag.  Dreineer.  Geur jou maalvleis met die mosterd, blatjang, basiliekruid en swartpeper en kook vir vyf minute.  Meng met jou pasta en laat staan vir ‘n oomblik voor opdiening.

As die resep vir jou te suur is, kan jy die klein blikkie tamatiepasta uitlos.

Variasies:
Vir ‘n meer spesiale dis kan jy 250g spek saam met die uie en sampioene braai en aan die einde 250ml room byroer.  Room het die gewoonte om die intensiteit van jou sous te verminder, so dit help altyd om jou sous met bietjie ekstra te geur voordat jy die room byvoeg.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 16 Maart, 2012 in Pasta

 

Etikette: , , , , , , , , , , ,

Comments are closed.

 
%d bloggers like this: