RSS

Hanno (se tannie) se Tamatieblatjang

01 Feb

Tannie Adelaide se kombuisvenster is ongeveer tagtig kilometer van Tafelberg af, op ‘n plaas naby Moorreesburg.  Op ‘n wolklose dag kan jy Tafelberg duidelik sien terwyl jy skottelgoed was.  Uit hierdie kombuis kom daar wonderlike resepte.  Ingelegte vrugte, konfyte en hierdie spesifieke tamatieblatjang wat ek graag op ‘n snytjie witbrood saam met gerasperde kaas eet…

1kg uie, fyn gekerf
1kg tamaties, geskil en fyn gesny
1kg suiker
1kg appelkooskonfyt
750ml witasyn
25ml gemmer
15ml kerriepoeier
2ml rooipeper
knypie sout

Gooi al die bestanddele saam in ‘n konfytpot en bring tot kookpunt.  Prut dan oor matige hitte vir ongeveer 2 uur.  Roer gereeld.  Om te toets, skep ‘n eetlepel blatjang in ‘n bordjie en laat dit afkoel.  As dit afgekoel het moet dit nie rondhardloop as jy die bordjie kantel nie.  Indien dit wel rondhardloop, kook vir nog tien minute en toets weer.  Bottel terwyl dit nog baie warm is en draai dadelik die proppies op.  Laat dit afkoel en stoor in die spens tot jy dit begin gebruik – stoor dan verder in die yskas.

 
Comments Off on Hanno (se tannie) se Tamatieblatjang

Posted by op 1 Februarie, 2012 in Souse

 

Etikette: , , , , , , , , , ,

Comments are closed.

 
%d bloggers like this: