RSS

Hanno (se ma) se Sjokoladekoek

23 Jan

Vandat ons kinders groot genoeg was om te weet dat ‘n stoofplaat warm is, dat kookwater brand en dat jy jou hande moet was voor jy eet, het ons in die kombuis gehelp.  Met spesiale geleenthede soos verjaarsdae het elkeen dan sy verantwoordelikheid gehad.  Hierdie sjokoladekoek was gewoonlik myne…

250ml suiker
125ml olie
4 eiers
125ml kookwater
250ml koekmeel
3ml sout
125ml kakaopoeier
10ml bakpoeier

Verhit die oond na 180 grade.  Skei die eiers en meng die eiergele saam met die suiker en die olie.  Voeg die kookwater by en roer goed.  Sif die meel, sout, kakaopoeier en 5ml van die bakpoeier en voeg by die eiermengsel en meng saam.  Klop die eierwitte saam met die ander 5ml van die bakpoeier en vou dit in die beslag in.  Verdeel eweredig in twee koekpannetjies en bak vir ongeveer 25 minute tot ‘n toetspen skoon uit kom.

Laat die koekpannetjies afkoel en keer dan om op ‘n draadrak sodat die koek kan afkoel tot by kamertemperatuur.  Klop ‘n blikkie Caramel Treat tot glad en blink.  Smeer ‘n dik laag tussen die twee koeklae en versier dan bo-op en aan die kante…

Die koek kan ook in ‘n enkellaag in ‘n groot tertbak gebak word.

 
2 Kommentaar

Posted by op 23 Januarie, 2012 in Soetgoed

 

Etikette: , , , , , , , , , ,

2 responses to “Hanno (se ma) se Sjokoladekoek

  1. Alta

    24 Januarie, 2012 at 10:45

    Hanno, jy het nou voorwaar die tier (groot lus vir sjokoladekoek) in my losgemaak toe ek hierdie resep sien. In my resepteboek verskyn dit “Hanno se Sjokoladekoek”.

    Raai wat bak ek hierdie jaar vir my verjaarsdag!

    Lekker dag vir jou en doe zo voort met die resepte!

    Tannie Alta

     
  2. Barbara

    11 September, 2015 at 13:09

    Hanno, ek het gister die sjokolade koek gebak. Nou kyk, ek is nie ‘n bobaas bakster nie maar geniet so af en toe om ietsie in die oond te gooi instede daarvan om dit by die winkel op die hoek te koop of by die lokale Spar en so……

    Dis die lekkerste sjokolade koek wat ek nog geproe het, veelsydig en maklik!!!! Dit smelt behoorlik in die mond!! Ek kan dit regtig aanbeveel aan ieder een…

    Barbara

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: