RSS

Hanno se Maandag-pasta

16 Jan

‘n Vinnige pastaresep is ‘n aanwins wanneer jy moeg by die huis kom – wanneer jy so vinnig moontlik wil eet!  Hierdie is my resep vir ‘n Maandagaand…

500g pasta
1 ui
250g spek
30ml tamatiesous
30ml olie
30ml asyn
30ml suiker
30ml blatjang

50ml botter
60g wituiesoppoeier
500ml melk
250ml gerasperde kaas
5ml suiker

Kook die pasta in baie water tot sag. Braai die uie en spek saam in ‘n bietjie olie oor matige hitte.  Gooi die tamatiesous, olie, asyn, suiker en blatjang by wanneer die spek gaar is en die uie sag, en verlaag die hitte.  Maak intussen ‘n witsous deur die botter te smelt, die uiesoppoeier by te roer en dan die melk bietjie-bietjie by te roer sodat dit nie klonte maak nie.  Roer laastens die kaas en suiker by.

Meng alles saam en geur met swartpeper.

Vir ‘n vinnige pastaslaai, kan jy die eerste deel van die resep volg, sonder die witsous.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 16 Januarie, 2012 in Pasta

 

Etikette: , , , , , , , , , , , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: