RSS

Hanno se Koffiepannekoeke

10 Jan

Hierdie is nie ‘n gewone pannekoek nie.  Hierdie is ‘n poeding!  Die pannekoek moet warm wees, maar as jy die pannekoeke vooraf wil bak, kan jy dit klaar met Caramel Treat smeer en in driehoeke vou, en net voor opdiening bietjie warm maak.  Vir gewone pannekoeke, laat net die koffie uit…

1 koppie meel
1 koppie melk
2 eiers
2ml sout
3ml bakpoeier
1/3 koppie olie
2 hoogvol teelepels koffiepoeier, opgelos in klein bietjie kookwater

Klits die eiers saam met die melk.  Gooi die meel in ‘n mengbak en voeg dan die melkmengsel bietjie-bietjie by sodat dit nie klonte maak nie.  Voeg die res van die bestandele by en roer goed.  As dit deeg te dik is, gooi nog melk by.  Bak die pannekoeke oor matige hitte.  Lewer 6-8 pannekoeke.

Smeer jou pannekoek lekker dik met Caramel Treat en vou dan in die helfte, en weer in die helfte om ‘n driehoek te vorm met ‘n ronde onderkant.  Skep dan ‘n groot lepel Vanilla Roomys bo-op.

 
2 Kommentaar

Posted by op 10 Januarie, 2012 in Soetgoed

 

Etikette: , , , , ,

2 responses to “Hanno se Koffiepannekoeke

  1. Carike

    23 Januarie, 2012 at 10:54

    Dis heerlike pannekoeke!

     
  2. Ora

    10 Julie, 2012 at 17:34

    Ek gaan dit beslis probeer

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: