RSS

Hanno se Ystee

28 Oct

‘n Baie lekker en gesonde alternatief vir koeldrank.  En dit pas die sak ook goed.

1 liter kookwater
8 rooibosteesakkies
1-2 koppies suiker
2-3 liter koue water en ysblokkies
1 liter Liquifruit
Suurlemoensap

Gooi 1 liter kookwater in ‘n pot saam met die teesakkies.  Laat dit vir 10min kook tot dit baie sterk getrek is.  Haal die sakkies uit en gooi die suiker by (1 tot 2 koppies afhangend van hoe soet jy daarvan hou).  Roer tot die suiker opgelos is.  Gooi ysblokkies by om die temperatuur af te bring en vul op met koue water tot op ‘n totaal van 4 liter altesaam.  Gooi dan die Liquifruit van jou keuse (ek verkies Appel) by, en dan suurlemoensap na smaak.  Lewer altesaam 5 liter ystee.  As jy van ‘n sterker en soeter ystee hou, verminder die water met 1 liter, sodat daar altesaam 4 liter ystee is.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 28 Oktober, 2011 in Drinkgoed

 

Etikette: , , , , , , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: