RSS

Hanno se Kaasbroodjies

25 Oct

Ek het nog nooit die hoeveelhede van hierdie bestanddele gemeet nie.  Ek begin altyd met gelyke hoeveelhede kaas en uie, en voeg dan die res by na smaak.  Maar ek is nooit skaam met die mayonnaise nie. Die ideale resep vir oorskiet kos van ‘n Sondagmiddag ete.

brood
1 koppie gerasperde kaas
1 koppie fyngekerfde uie
mayonnaise
gemaalde swartpeper

Meng die kaas, uie en mayonnaise saam.  Daar moet genoeg mayonnaise by wees om dit ‘n lekker smeerbare mengsel te vorm.  Pak snye brood op ‘n oondrak en skep die mengsel lekker dik op die brood.  Geur met swartpeper en bak in ‘n 180 grade oond tot dit mooi bruin gebak is.

Speel gerus rond met variasies deur enige van die volgende by te gooi:
ontbeende gaar of gerookte hoender
bietjie origanum
knypie rooipeper
gekrummelde Fetakaas
gaar aartappel

 
Lewer kommentaar

Posted by op 25 Oktober, 2011 in Brood

 

Etikette: , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: