RSS

Hanno se Braaivleisbroodjie

25 Oct

‘n Mens kan nie van brood alleen lewe nie – maar brood en botter is ‘n heel ander storie.  Hierdie broodjie sal die bure na jou huis toe lok, veral as hy pas uit die oond kom.  Vir my is hy op sy lekkerste warm, met bladjang en kaas…

4 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
2ml borrie
knypie rooipeper
1 koppie gerasperde cheddarkaas
1 pakkie wituiesoppoeier
1 eetlepel pietersielie
1 teelepel knoffelvlokkies
2 koppies karringmelk
125ml olie
2 eiers

Sif al die droë bestanddele in ‘n mengbak saam.  Voeg die kaas, uiesoppoeier, pietersielie en knoffelvlokkies by en meng saam.  Klits die karringmelk, olie en eiers saam en gooi by die droë bestanddele en meng goed deur.  Gooi in ‘n voorbereide broodpan en maak gelyk bo.  Bak vir 1 uur op 180 grade of tot ‘n toetspen skoon uitkom.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 25 Oktober, 2011 in Brood

 

Etikette: , , , , , , , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: