RSS

Hanno se Mosterd

10 Oct

Vandat ek hierdie resep by tannie Johanna gekry het, is daar altyd hiervan in my yskas.  Ek eet dit saam met alles behalwe roomys, en ‘n lepel hiervan maak van enige gewone resep, ‘n buitengewone een!

4 eiers
500ml asyn
375ml suiker
30-50ml mosterdpoeier
30-50ml mielieblom (maizena)

Meng die eiers, asyn en suiker saam en gooi dit in ‘n pot en plaas oor matige hitte.  Roer gereeld.  Meng intussen die mosterdpoeier en mielieblom saam, gooi bietjie-bietjie koue water by en roer gedurig tot dit ‘n lopende mengsel vorm.  Wanneer die eiermengsel kookpunt bereik, gooi die mosterdmengsel by en roer goed.  Laat dit vir ‘n paar minute oor lae hitte kook.  Voeg ‘n knypie sout by.  Gooi uit in ‘n mayonnaise bottel terwyl dit nog warm is.

Vir ‘n sterker mosterd, kan meer mosterdpoeier bygevoeg word, en vir ‘n dikker een, meer mielieblom.

 
1 Kommentaar

Posted by op 10 Oktober, 2011 in Souse

 

Etikette: , , , , ,

One response to “Hanno se Mosterd

  1. Hannefan

    10 Oktober, 2011 at 23:19

    Ek kan bevestig hierdie is regtig ongelooflik lekker. Soos Hannekok sé, saam met enigiets, veral Hannefrikkadelle! Dit gee die eenvoudigste dis indrukwekkende, tuisgemaakte smaak. Probeer gerus!

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: