RSS

Hanno se Paptert

16 Sep

Hierdie resep is so aanpasbaar soos ‘n weegskaal.  Vat weg, sit by – hy kom net altyd lekker uit.  Die enigste ononderhanderbare is die pap, en die blikkies tamatie!

Pap:
2000ml kookwater
15ml sout
750ml papmeel
1 blik suikermielies of pitmielies
125ml room

Sous:
2 uie
500g spek of russians
250g sampioene
3 blikkies tamatie (Sliced & Diced Italian Tomatoes with Basil, Garlic & Origanum)
125ml room
gerasperde kaas

Bring die kookwater en sout tot kookpunt op ‘n warm plaat.  Braai intussen die uie, spek of russians en sampioene saam.  Meet die meel af in ‘n mengbak.  Wanneer die water kook, gooi die meel by terwyl jy verwoed roer.  Sit die deksel op en draai die plaat na lae hitte – kook vir 10min.  Gooi die blikkies tamatie by die gebraaide uiemengsel en kook tot die sous nie meer waterig is nie.  Gooi die mielies en room by die pap en roer goed.  Verdeel die pap en sous in twee, en pak in lae in ‘n diep oondbak.  Eindig met die room en dan die kaas.  Bak in ‘n 180 grade oond tot die kaas borrel

 
Lewer kommentaar

Posted by op 16 September, 2011 in Bygeregte

 

Etikette: , , , , , , , , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: