RSS

Hanno se Aartappelgereg

13 Sep

Die grootste verskil tussen mans en vroue, is dit wat hulle saam met hulle braaivleis eet.  Al ooit ‘n man gesien wat homself vergryp aan ‘n bak groenslaai?  Op die pad na ‘n man se hart, is daar ‘n braaivleisvuur en ‘n groot Billboard met hierdie resep op!

8 groot aartappels
2 uie, gekerf
250g spek
250g sampioene
60ml blatjang
250ml room
250ml gerasperde kaas

Kook die aartappels gaar in water en trek die skil af.  Braai die uie, spek en sampioene terwyl die aartappels kook.  Gooi die blatjang by die uiemengsel vir die laaste 5 minute.  Sny die aartappels in skywe of groterige blokkies en gooi in ‘n mengbak.  Gooi die room by en meng versigtig deur.  Geur met sout en swartpeper na smaak.  Gooi die gebraaie uiemengsel by, roer goed deur en gooi in ‘n oondbak.  Strooi die kaas oor en bak in die oond op 180 tot die kaas lekker borrel.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 13 September, 2011 in Bygeregte

 

Etikette: , , , , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: