RSS

Hanno se Spaghetti Carbonara

12 Sep

Die bestanddele van hierdie pastagereg moet jy altyd in jou koskas hê.  Hierdie gereg is goed genoeg om voor te sit vir gaste, en maklik genoeg om te maak op die Saterdag wat hy heeldag in jou nagklere rondloop.  As jy hard probeer kan jy hierdie gereg kant en klaar hê binne 20 minute…

500g Spaghetti
250g spek
250g sampioene
50g botter
1 koppie gerasperde Parmesan
3 eiers
1 tl pietersielie
swartpeper

Kook die Spaghetti in borrelende kookwater met sout.  Braai intussen die spek en sampioene.  Klits die eiers, pietersielie en 2 derdes van die Parmesan saam.  Wanneer die pasta gaar is, gooi die water af en gooi die pasta dadelik terug in die pot – moenie terug sit op ‘n warm plaat nie.  Gooi dadelik die botter by die pasta en roer deur.  Gooi dan die eiermengsel by en roer goed.  Dit is baie belangrik dat jy op hierdie stadium nie tyd verspeel nie.  Jy moet sorg dat die pasta so warm as moontlik is wanneer jy die eiermengsel bygooi, sodat die hitte van die pasta die eiers gaarmaak.  Gooi laaste die gebraaide spek en sampioene by.  Geur met swartpeper en oorblywende Parmesan.  Eet dadelik!

 
Lewer kommentaar

Posted by op 12 September, 2011 in Pasta

 

Etikette: , , , , , , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: