RSS

Hanno se Souttert

12 Sep

My ma se souttert is altyd eerste klaar van al die eetgoed op ‘n verjaarsdagtafel.  Nog altyd een van my gunstelinge, maar ek het hom aangepas om by my smaak te pas, want ek voel daar hoort nie rosyne in ‘n souttert nie.  Maar vir die van julle wat ‘n behoefte het aan Vitamien D (vir druiwe), kan maar ‘n handvol rosyne bygooi…  Maar soos my ouma sou sê:  Mens skep nie soet en sout in dieselfde bordjie nie!  Ek voel so oor die bestandele van ‘n souttert!

Mengsel A
500g Simply Chicken Viennas (fyn gesny)
250g spek (fyn gesny)
1 ui (fyn gesny)
1 tl pietersielie
2 koppies gerasperde kaas

Mengsel B
150 ml koekmeel
5 ml mosterdpoeier
500 ml melk (bietjie-bietjie bygeroer)
4 eiers (geklits)
Sout & gemaalde swartpeper

Roer Mengsel B by A.  Gooi in een voorbereide oondbak en maak gelyk.  Bak 45min by 180.  Toets met ‘n mes of die tert in die middel gestol is – bak tot gestol.  Laat hom so bietjie afkoel voor jy hom bedien.  Hy is ook baie lekker koud.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 12 September, 2011 in Soutgoed

 

Etikette: , , , , , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: