RSS

Hanno se Macaroni-en-kaas

08 Sep

Van die begin van tyd af, was daar duette.  Twee entiteite wat net beter werk in ‘n paar.  Tamatie en basil.  Grondboontjiebotter en stroop.  Brood en botter.  Koffie en beskuit.  Adam en Eva.  En dan – Macaroni en kaas.  Hoe kan iets so eenvoudig, so lekker wees?  Nataniël sal nouwel nie trots wees op my vir die gebruik van soppoeier nie, maar hy het nog nie hierdie gereg geproe nie!

500g macaroni
500g spek
250g sampioene
30ml blatjang

60g wituiesoppoeier
100g botter
1 liter melk
400g sterk cheddar kaas

Kook die macaroni in borrelende kookwater en sout.  Braai intussen die spek en sampioene.  Voeg die blatjang by vir die laaste 5 minute tot dit bietjie taai word.

Maak ‘n witsous:  smelt die botter in ‘n pot en haal van die hitte af.  Voeg die soppoeier by en whisk, voeg dan die melk bietjie-bietjie by terwyl jy whisk tot al die melk by is.  Plaas terug op matige hitte tot dit kookpunt bereik.  Voeg die kaas by en geur met swartpeper, pietersielie en paprika.

Meng alles saam met die gaar macaroni en gooi in ‘n voorbereide oondbak.  Gooi bietjie kaas oor en bak op 180 tot ligbruin.

 
3 Kommentaar

Posted by op 8 September, 2011 in Pasta

 

Etikette: , , , , , , , ,

3 responses to “Hanno se Macaroni-en-kaas

  1. boerinballingskap

    9 September, 2011 at 11:33

    Jy maak my sommer honger! Dankie dat jy hierdie resepte met ons deel! 8)

     
  2. Bileam se Donkie

    9 September, 2011 at 16:28

    Gaan dit bietjie probeer, dankie dat jy ons manne in verdrukking uithelp!

     
  3. Reinhardt

    27 Desember, 2011 at 06:53

    My vrou en ek is op ‘n dieet, maar sy het pas vir my gesê sodra sy haar eerste 3 kilos afgeskut het sal ons verseker hierdie resep probeer. Ek hoop dit gebeur vinnig!🙂

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: